Ontbyt Smoothie

Bestanddele
100 g aarbeie, gevries (Nota 1)
1 lemoen, geskil en in stukke gesny
1 piesang, gevries (Nota 2)
handvol baba spinasie
water
5 ml (1 t) heuning (opsioneel)
Metode
Gooi al die bestanddele in ’n blender (Nutribullet, ens.), en voeg genoeg water by om dit die dikte te kry wat jy wil hê (gewoonlik ± 125 ml). Voeg heuning by indien ’n soeter smoothie verkies word, of die vrugte nie soet is nie.
Genoeg vir 1 smoothie.
Resepnota’s
Nota 1: Sny vars aarbeie in dun skyfies, vries in een laag.
Nota 2: Skil en sny piesang in skyfies, vries in een laag.
