Chocolate chip koekies

Chocolate chip koekies

Die koekies het ‘n sagte binnekant, so bak dit vir langer as jy ‘n tradisionele choc chip koekie wil hê.  Moet die deeg ook nie oorwerk nie, dit kan die koekies laat flop.  (Let op, die foto hierbo is van die koekies voordat dit gebak word.)

Bestanddele
110 g botter
½ k (100 g) witsuiker
¼ k (50 g) bruinsuiker
1 t (5 ml) vanilla
1 eier
1½ k (180 g) meel
1/2 t (2.5 ml) koeksoda
1/4 t (1 ml) sout
130 g donker sjokolade chips (of slab in stukke gesny)

Metode
Voorverhit die oond to 180°C.  Smelt botter in mikrogolf vir ongeveer 30 sekondes tot net gesmelt.  Klop die botter en suiker saam tot romerig.  Voeg vanilla en eier by en klits op lae spoed tot dit net ingemeng is.  Voeg die meel, koeksoda, en sout by.  Meng tot krummels vorm.  As die deeg in ’n bal gevorm word moet dit net-net tussen té nat en té droog wees.  Voeg die sjokolade by. 

Deel die deeg in 12 stukkies, en rol in balletjies.  Plaas dit op bakpapier op ’n bakplaat, pak dit ver genoeg uitmekaar sodat dit nie in mekaar smelt nie.  Bak vir ±10 min.  Korter vir sagte koekies, langer vir harde koekies.  Laat afkoel bo-op die bakplaat vir ten minste 20 minute.  Stoor in ’n lugdigte houer.

Lewer 12 koekies.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui