Butter chicken

Butter chicken

‘n Baie maklike resep, maar daar is redelik baie wat gedoen moet word. Vir ‘n vinnige butter chicken resep sien: Butter chicken (cheat).

Bestanddele
Marinade:
4 hoenderborsies, in blokkies of repies gesny
10 ml (2 t) knoffel, fyn
10 ml (2 t) gemmer, vars gerasper
15 ml (1 E) chicken masala spice (Nota 1)
15 ml (1 E) Maizena
Olie, vir braai

Sous:
1 medium ui, opgekap
500 g tamaties, geskil en opgekap
125 ml (1/2 k) water
5 ml (1 t) knoffel, fyn
30-60 ml (2-4 E) suiker, na smaak (Nota 2)
15 ml (1 E) chicken masala spice (Nota 2)
1 ml (1/4 t) chilli poeier (Nota 2)
15 ml (1 E) wit asyn
10 ml (2 t) suurlemoensap
70 g (5 E) botter
1 klein blikkie (165 ml) coconut melk
sout en peper, na smaak

Metode
Marineer die blokkies/repies hoender in die knoffel, gemmer, chicken masala spice en Maizena.  Laat marineer vir 15 minute, en braai dan in ’n bietjie olie tot bruin.  Skep uit en hou eenkant.

Braai dan die ui tot sag en deurskynend, en voeg die tamaties by.  Braai vir ’n minuut, en voeg dan water, knoffel, suiker, chicken masala spice, chilli poeier, asyn en suurlemoensap by.  Laat prut vir 30 minute.

Gebruik ’n ‘stick blender’ om die mengsel fyn te maak.  Druk dit deur ’n sif om ’n gladde sous te kry.  Plaas die sous terug in die pot en voeg die botter, coconut melk en hoender by.  Geur met sout en peper soos nodig. Laat prut vir 10 minute.  Bedien saam met rys, naan of poppadoms.

Lewer 4 porsies.

Resepnota’s
Nota 1: SpiceMecca se chicken masala spice is baie lekker, en werk goed.  ’n Butter chicken spice mix kan ook gebruik word.
Nota 2: Die suiker, chicken masala spice en chilli poeier kan aangepas word na smaak.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui