Butter chicken (cheat)

Butter chicken (cheat)

Hierdie is my baie vinnige manier om butter chicken te maak.  Meeste cook-in-sauces kan aangepas word met die resep, maar Woolworths s’n bly die lekkerste.

Bestanddele
Olie, vir braai
1 medium ui, fyngekap
5 ml (1 t) suiker
4 hoenderborsies, in blokkies of repies gesny
15 ml (1 E) Maizena
15 ml (1 E) chicken masala spice (Nota 1)

Vir die sous, kies een van die volgende opsies:

Opsie 1:
1 pakkie (400 g) butter chicken cook-in-sauce
1 klein blikkie (165 ml) coconut melk
chicken masala spice, na smaak
sout en peper, na smaak

OF

Opsie 2:
50 g butter chicken paste
1 blik tamaties, fyngekap
1 klein blikkie (165 ml) coconut melk
55 g (4 E) botter
chicken masala spice, na smaak
sout en peper, na smaak

Metode

Braai die fyngekapte ui in ’n bietjie olie saam met die suiker tot sag en deurskynend.  Terwyl die ui braai, voeg die Maizena en chicken masala spice by die hoender en meng goed.  Braai die hoender saam met die ui tot net bruin.

Opsie 1:

Voeg die butter chicken cook-in-sauce en coconut melk by die hoender.  Laat prut vir 30 minute.  Voeg chicken masala spice, sout en peper by na smaak.

Opsie 2:

Braai die butter chicken paste saam met die uie vir ’n minuut.  Voeg dan die blik tamaties by en prut vir 5 minute.  Voeg die coconut melk, botter en hoender by die tamaties en laat prut vir 30 minute.  Voeg chicken masala spice, sout en peper by na smaak.

Bedien saam met rys, naan of poppadoms. Lewer 4 porsies.

Resepnota’s
Nota 1: SpiceMecca se chicken masala spice is baie lekker, en werk goed.  ’n Butter chicken spice mix kan ook gebruik word.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui