Brownies

Brownies

Die brownies is ‘n kombinasie tussen ‘fudgy’, ‘cakey’ en ‘chewy’.

Bestanddele
¾ k (175 g) botter
80 g donker sjokolade
3 eiers
1 k (200 g) bruinsuiker
½ k (80 g) muscovado suiker
¼ k (62.5 ml) olie
2 E (30 ml) plein jogurt
2 t (10 ml) vanilla geursel
1 t (5 ml) bakpoeier
½ k (50 g) kakaopoeier
100 g meel (Nota 1)
knippie sout
opsioneel: 80 g wit sjokolade (in klein stukkies gebreek)

Metode
Smelt botter en donker sjokolade saam in die mikrogolf.

Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Roer olie, jogurt, vanilla en gesmelte sjokolade by. Voeg dan die bakpoeier, kakaopoeier, meel en sout by die mengsel. Vou die wit sjokolade stukkies in, as gebruik word.

Gooi die beslag in ‘n groot oondbak wat uitgevoer is met bakpapier, en bak vir 25-30 min by 160-170°C. ‘n Toetspen moet net-net skoon uitkom.

Lewer ± 24 brownies.

Resepnota’s
Nota 1: 100 g meel = 1 koppie minus 3 eetlepels


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui