Barbecue sous (vir Buffalo Wings en marinade)

Barbecue sous (vir Buffalo Wings en marinade)

Hierdie barbecue sous werk baie goed as ‘n marinade vir hoender en ribbetjies ook.

Bestanddele
¼ k tamatiesous
½ k Lappies Sticky Rib Braai Sauce (Sien Nota 1)
2 t Worcestersous
¼ k bruin suiker
2 t barbecue spice
2 t heuning

Metode
Vir Buffalo Wings:
Meng al die bestanddele saam en verhit tot suiker opgelos het. Bedek die gaar hoendervlerkies (Crispy Buffalo Wings in die oond) met die warm sous.

Vir marinade:
Meng al die bestanddele goed saam en gebruik as marinade vir hoender/ribs ens.

Resepnota’s
Nota 1: Enige tipe barbecue sous kan gebruik word, maar dié Lappies sous is die lekkerste in die resep.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui