Crispy Buffalo Wings in die oond

Bestanddele
1 kg hoendervlerkies
1 E bakpoeier
½ t sout
Metode
Verhit die oond tot 120 °C. Sny die vlerkies in ‘drumettes’ en ‘wingettes’. Maak seker dat die punt van die vlerkie ook afgesny word. Sit die vlerkies saam met die sout en bakpoeier in ‘n plastieksak, en skud goed. Die bakpoeier moet eweredig oor al die vlerkies versprei wees.
Voer ‘n bakplaat uit met foelie (help met skottelgoed) en spuit ‘n rakkie wat daarin pas. Pak die vlerkies bo-op die rakkie, velkant bo, en bak vir 30 minute (verkieslik op ‘n rak in die onderste helfe van die oond).
Stel nou die oond op 220 °C en skuif die vlerkies na ‘n hoër rak in die oond (redelik naby aan die element, maar nie heelbo). Bak vir ‘n verdere 40 na 50 minute, of tot die vlerkies bruin en crispy is. Haal die vlerkies uit die oond en bedek met warm sous. Bedien dadelik.
Sien resep vir Sriracha sous vir Buffalo wings.
