Wortelkoek

Wortelkoek

Ek het hierdie wortelkoek resep nou al ‘n hele paar keer aangepas, maar dink hierdie weergawe is baie naby aan perfek.  Die koek is effens aan die duur kant, met al die pekanneute wat gebruik word, maar dit is definitief die moeite werd.

Bestanddele
Koek:
240 g (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
7.5 ml (1½ t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) kaneel
300 g (1½ k) suiker
187.5 ml (¾ k) kanola-olie
4 ekstragroot eiers
2½ k wortel, gerasper
1 blik ‘crushed’ pynappel (gebruik sap ook)
200 g pekanneute, gekap (hou paar eenkant vir versiering)

Versiersel:
60 g botter, kamertemperatuur
½ bakkie roomkaas
2.5 ml (½ t) vanilla geursel
195 g (1½ k) versiersuiker, gesif

Metode
Verhit oond tot 180 °C.   Gebruik ‘n losboomtuitpan (Nota 1), spuit met kleefwerende sproei.  Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en suiker saam.  Klits die olie en eiers saam en voeg by die meelmengsel.   Roer die wortels, pynappel en neute in.   Giet die beslag in die koekpan.  Bak vir 45-60 minute, of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Om die versiersel te maak, room eers die botter en roomkaas saam tot ‘n gladde mengsel vorm.  Voeg dan vanilla geursel by en meng goed.  Voeg nou geleidelik versiersuiker by, en roer dit stadig in.  Wag tot koek heeltemal afgekoel het, en versier dan.

Resepnota’s
Nota 1: Twee na drie 20 cm koekpanne kan ook gebruik word. Bak dan vir 35-45 minute, of tot ‘n toetspen skoon uitkom.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui