Wafels (eierloos)

Hierdie is ‘n baie maklike en vinnige resep. Die beslag hoef nie te lank te staan voor dit gebruik kan word nie, en dit hou ook goed in die yskas.
Bestanddele
2 k (240 g) meel
4 t (20 ml) bakpoeier
2 t (10 ml) suiker
2 k (500 ml) melk
2 E (30 ml) olie
2 E (30 ml) water
1 t (5 ml) vanilla
4 E (55 g) botter, gesmelt
Metode
Meng die meel, bakpoeier en suiker. In ’n aparte bak, meng die melk, olie, water, vanilla en botter saam. Voeg by die meelmengsel en meng liggies saam. Laat die beslag ’n rukkie staan. Vir meeste wafelmasjiene is ’n ¼ koppie van die beslag genoeg om een wafel te maak.
Maak ± 16 wafels.
