Uie marmelade

Uie marmelade

Baie lekker saam moet kaas en koekies. Werk goed op ‘n steak broodjie ook.

Bestanddele
3 medium uie (bruin of rooi)
olie
½ k (100 g) bruinsuiker
¼ k (62.5 ml) bruin asyn
½ t (2.5 ml) sout
¼-½ k (62.5-125 ml) cream of balsamic vinegar (Nota 1)

Metode
Sny die uie in skywe en braai in ’n bietjie olie.  Wanneer uie deurskynend en sag begin raak, voeg die res van die bestanddele by.  Die hoeveelheid balsamiese asyn bepaal hoeveel sous saam met die uie gaan wees, so gebruik minder vir minder sous, of meer vir meer sous. Verlaag hitte en laat prut tot al die uie donker van kleur en sag is.  Laat effens afkoel, en stoor in ’n glashouer in die yskas.  Kan tot 3 weke in yskas hou.

Resep lewer ± 1½ k.

Resepnota’s
Nota 1:  Gewone balsamiese asyn kan ook werk, maar die sous gaan dunner wees en langer moet kook.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui