Tamatiesous vir pizza

Die tamatiesous kan in verskeie disse gebruik word. Dit werk ook goed as ‘n pastasous, in bolognese sous of in lasagne.
Genoeg vir 4-6 pizzas.
Bestanddele
30 ml (2 E) botter
1 ui, gerasper
3,75 ml (¾ t) sout
5 ml (1 t) oreganum
2.5 ml (½ t) chilli flakes
5 ml (1 t) fyn knoffel
2 blikke crushed tamaties
7.5 ml (1½ t) bruin suiker
7.5 ml (1½ t) blatjang
Metode
Braai ui, sout, oreganum, chilli flakes en knoffel in die botter. Voeg die tamaties, suiker en blatjang by. Kook vir 15 minute, en blend dan die sous met ‘n ‘stick blender’, en kook vir nog 15 minute. Laat die sous eers afkoel voor dit gebruik word.
