Suurlemoenskywe (Lemon slices)

Suurlemoenskywe (Lemon slices)

Hierdie suurlemoenskywe het vinnig ‘n gunsteling geraak.  Dis baie lekker vir teetyd, as ‘n nagereg of sommer maar net.  As jy ‘n craving het vir suurlemoen, is hierdie die perfekte tert vir jou.

Bestanddele
125 g botter
120 g (1 k) meel
65 g (½ k) versiersuiker
210 g (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) suurlemoensap, vars
15 ml (1 E) suurlemoenskil
30 ml (2 E) vlapoeier
30 ml (2 E) meel (apart van meel in kors)
2.5 ml (½ t) bakpoeier
4 eiers

Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer die onderkant van ‘n koekpan (sien Nota 1) uit met bakpapier.  Spuit ook die koekpan met kleefwerende sproei.

Meng die botter, meel en versiersuiker in ‘n voedselverwerker tot dit ‘n sagte deeg vorm.  Druk die deeg in die basis van die koekpan en bak vir ongeveer 20 minute, of tot dit goudbruin raak.

Meng die strooisuiker, suurlemoensap, suurlemoenskil, vlapoeier, 2 E meel, bakpoeier en eiers saam.  Gooi die mengsel versigtig bo-op die warm deeglaag en bak vir nog 25 minute.

Wag tot dit afkoel en as verkies, strooi bietjie versiersuiker bo-oor.  Hou in die yskas.

Resepnota’s
Nota 1: ‘n Losboompan werk goed, want die skywe moet maklik opgelig kan word uit die pan.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui