Romerige Pesto Pasta

Ek het hierdie romerige pesto pasta in ‘n restaurant geëet en besluit om dit te probeer namaak. Dit het op die ou end beter uitgekom as die restaurant s’n, al moet ek dit self sê. Dit is baie lekker die volgende dag ook, en kan koud geëet word as ‘n pastaslaai.
Bestanddele
500 g penne pasta
±300 g steak, in repies gesny
1 pak sapmioene, in kwarte gesny
200 g swart olywe, ontpit en halveer
125 g basil pesto
250 ml (1 k) room
125 – 250 ml (½-1 k) droë witwyn
½ k sundried tamaties, opsioneel
parmesan kaas
sout en peper
Metode
Kook die pasta tot amper reg, dreineer en gooi terug in die pasta pot. Braai die steak in ‘n pan tot medium gaar en voeg dit by die pasta. Braai die sampioene en voeg ook by die pasta.
Sit die pasta oor medium hitte en voeg die olywe, pesto, wyn, sout en peper by en roer. Hou dit oor die hitte tot dit net begin kook en voeg dan room by. Voeg sout en peper by na smaak. Die sundried tamaties kan bygevoeg word wanneer die room warm is. Moenie te veel daarna roer nie.
Sit voor met parmesan kaas. Genoeg vir 4-6 mense.
Wenke
As daar nie genoeg sous is nie kan nog room/wyn begevoeg word.
Die steak kan heel gaar gemaak word, en dan in repies gesny word. Dit verseker dat die steak nie oorgaar is nie.
Die steak kan ook met hoender vervang word.
