Peri-peri hoenderlewertjies

Peri-peri hoenderlewertjies

Die lewertjies kan bedien word as ‘n voorgereg saam met brood, of as ‘n hoofgereg saam met rys of brood.


Bestanddele

Marinade:
30 ml (2 E) Worcestersous
5 ml (1 t) knoffel, fyn
5 ml (1 t) paprika
500 g hoenderlewertjies, skoongemaak

Sous:
15 ml (1 E) olyfolie
1 ui, fyngekap
10 ml (2 t) knoffel, fyn
5 knippies gedroogde brandrissies
250 ml (1 k) droë witwyn
1 blik tamaties, opgekap
50 g (1 pakkie) tamatiepasta
4 lourierblare
30 ml (2 E) chutney
30 ml (2 E) peri-peri sous
125 ml (½ k) room
45 ml (3 E) botter
sout en peper, na smaak

Metode
Meng die Worcestersous, knoffel en paprika.  Meng die lewertjies hierin, en marineer terwyl sous gemaak word.

Verhit die olyfolie en braai die ui, knoffel en gedroogde brandrissies saam.   Voeg die 125 ml van die wyn by en kook tot die vloeistof halveer het.  Meng nou die tamaties, tamatiepasta, lourierblare, chutney en peri-peri sous by en kook vir ± 2 minute.  Voeg die res van die wyn by en prut vir 30 minute, bedek.  Haal van die hitte af en voeg die room by.

Verhit die botter in ‘n aparte pan en braai die lewertjies tot gaar.   Voeg die lewertjies, sous en al, by die roomsous. Geur met sout en peper soos nodig.

Bedien saam met gegeurde rys of vars brood.

Lewer 4 porsies.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui