Pampoentert

Pampoentert

Ek weet die resep se naam is Pampoentert, maar ek gebruik eerder butternut. Dit is nie so waterig nie, en dis altyd beskikbaar as klaar gesnyde blokkies in winkels. Hierdie tert is die perfekte bykos vir braaivleis, en dit vries ook goed.

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele
250 ml (1 k) room
2 eiers
200 g (1 k) suiker
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) melk
115 g (½ k) botter, gesmelt
120 g (1 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
3 k butternut, gaar

Metode
Verhit oond tot 180 ˚C en spuit ‘n oondvaste bak.

Klits die eiers en room saam. Voeg dan die suiker, sout en melk by en klits goed. Meng die meel en bakpoeier, en voeg by.

Meng die butternut lepel vir lepel by die gesmelte botter in (dit help dat die mengsel nie skei nie). Meng nou die butternut by, en maak seker dat die meel goed ingemeng is.

Giet die beslag in die voorbereide bak, en bak vir 60 minute. Die tert stol soos dit kouer raak, so moenie bekommerd wees as dit nog effens loperig is wanneer dit uit die oond kom nie.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui