Mieliepap vir een (mikrogolf)

Vinnige mieliepap in die mikrogolf.
Bestanddele
40 g mieliemeel
200 ml water (Nota 1)
knippie sout
Metode
Roer al die bestanddele saam in ‘n diep bak (dit help dat die pap nie oorkook nie). Bedek en mikrogolf vir 2 minute op hoog, roer elke 30 sekondes.
Resepnota’s
Nota 1: Vervang van die water met melk as ‘n romerige tekstuur verkies word.
