Lemoenpatats

100% lemoensap help dat die patats nie té soet is nie.
Bestanddele
400 g patats
2 t (10 ml) mielieblom
100 ml lemoensap
1 t (5 g) botter
1 E (15 ml) bruinsuiker
1-2 t (5-10 ml) heuning
knippie sout
punt van teelepel fyn gemmer
Metode
Maak die patats gaar en laat dit effens afkoel. Skil en sny dan die patats in skywe.
Meng mielieblom met bietjie lemoensap tot ‘n pasta vorm, voeg dan die res van die bestanddele by. Kook in mikrogolf vir 2 minute.
Gooi die warm sous oor die patats en bak vir 30 min by 160°C.
Lewer 4 porsies.
