Kerrie maalvleis

Soet kerrie maalvleis vir kerrie en rys, vetkoeke en jaffles.
Bestanddele
olie vir braai
1 medium ui, fyngekap
30 ml (2 E) kerriepoeier
7.5 ml (½ E) borrie
500 g maalvleis
sout en peper, na smaak
2 medium aartappels, in blokkies gesny
200 ml hoenderaftreksel
45-60 ml (3-4 E) appelkooskonfyt
15-30 ml (2-3 E) chutney
7.5 ml (½ E) suurlemoensap
½-1 koppie gemengde gevriesde groente
Metode
Soteer die gekapte uie in bietjie olie tot effens sag en deurskynend. Voeg dan die kerriepoeier en borrie by en roer aanhoudend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar, geur met sout en peper. Terwyl die maalvleis braai, kook die blokkies aartappel in water met ‘n bietjie sout tot amper gaar. Die aartappels moenie pap wees nie.
Voeg die hoenderaftreksel, appelkooskonfyt, chutney en suurlemoensap by die maalvleis en laat kook. Voeg die amper gaar aartappels en gevriesde groente by. Draai hitte af en laat prut vir 10-15 minute. Sit voor saam met rys, of vetkoeke, of gebruik in jaffles.
Lewer ± 6 porsies vir kerrie en rys, meer vir vetkoeke en jaffles.
