Griekse slaaisous

Griekse slaaisous

Ek was mal oor die slaaisous wat mens by ‘n sekere restaurant (dit het baie name deur die jare gehad) in Cradock altyd saam met jou slaai gekry het, maar ek weet tot vandag toe nie wat in daai sous was nie.  So hier is my weergawe van daardie Griekse slaaisous.  Die slaaisous proe die beste as dit ‘n paar uur voor die tyd gemaak word, en dit kan ‘n paar weke in die yskas hou.

Bestanddele
10 ml (2 t) knoffel, fyn
1 ml (¼ t) sout
7.5 ml (1½ t) soet mosterd
125 ml (½ k) olyfolie
30 ml (2 E) suurlemoensap (bottel of vars)
2.5 ml (½ t) suiker
10 ml (2 t) heuning
75 ml (5 E) rooiwyn asyn
1 ml (¼ t) oreganum

Metode
Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker.  Voeg nog sout, suiker of heuning by na smaak.   Laat staan vir ten minste 30 minute voor gebruik.   Stoor in yskas.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui