Griekse frikkadelle

Die frikkadelle is baie vinnig om te maak, en kan koud of warm geëet word. Sit dit voor saam met ‘n pita, hummus, tzatziki en griekse slaai.
Bestanddele
600 g maalvleis
1 eier
1 k broodkrummels
½ rooi ui, fyn gerasper
1½ t knoffel, fyn
1 t pietersielie
6-8 groot mint blare, fyn opgekap
½ t oreganum
1 E olyfolie
¾ t sout
¼ k meel, vir dompel
olie vir braai
Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die meel, goed saam. Gebruik ‘n eetlepel om min of meer dieselfde hoeveelheid vleis te skep, en maak klein balletjies. Rol dan die frikkadelle in die meel en braai in ‘n pan met bietjie olie (genoeg om die bodem van pan te bedek) oor medium hoë hitte, draai gereeld.
Lewer 30 klein frikkadelle.
