‘Garlic and Herb’ Doopsous

‘Garlic and Herb’ Doopsous

Doopsous wat ook aangepas kan word om as ‘n sous te werk saam met pitas en hoenderslaai.  Ruil net die hoeveelhede van die jogurt en maaskaas om, dit maak ‘n dunner sous en werk baie goed saam met pitas.

Die sous proe nooit twee keer dieselfde, want ek meet nie eintlik die speserye af wat ek insit nie, maar die resep is ‘n riglyn vir wat als moontlik in die sous kan kom.   Grasuie werk ook goed in die sous.   As jy van die speserye nie het nie, kan dit uitgelos word ook.   Proe net tot dit vir jou reg is.

Bestanddele
1 houer gladde maaskaas (geroom, laevet, of vetvry)
30 ml (2 E) mayonnaise
60 ml (4 E) gewone jogurt
10 ml (2 t) soet mosterd
1 ml (¼ t) uie poeier
2.5 ml (½ t) knoffel sout
2.5 ml (½ t) Aromat
2.5 ml (½ t) Ina Paarman Garlic and Herb Spice
2.5 ml (½ t) gemengde kruie
knippie seldery sout

Metode
Meng al die bestanddele goed saam.  Kan ‘n paar dae in die yskas hou.

Bedien saam met chips, of vars groente soos seldery, wortels en komkommer.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui