‘Dit-en-dat’ Yskas Kaaskoek (met jellie bolaag)

‘Dit-en-dat’ Yskas Kaaskoek (met jellie bolaag)

Die resep se naam kom van die tuisnywerheid, Dit en Dat, in Cradock, waar ons altyd ‘n soortgelyke kaaskoek gekoop het.

Bestanddele

1 pak Tennisbeskuitjies
60 ml (4 E) botter (gesmelt)
1 houer (250 g) roomkaas of geroomde maaskas
1 blik kondensmelk
125 ml (½ k) room (“whipping”)
125 ml (½ k) suurlemoensap (botteltjie)
1 pakkie aarbei jellie *
1 blik aarbeie in stroop (hou stroop) *

Metode

Maak beskuitjies fyn en meng gesmelte botter by. Druk beskuitjiemengsel in gesmeerde tertbord. Hou eenkant.

Klits suurlemoensap en kondensmelk saam tot effens styf. Meng roomkaas/maaskaas tot glad en voeg by kondensmelk mengsel en klits goed. Klits room styf en vou liggies in . Giet mengsel oor die beskuitjies. Sit in yskas.

Meng jellie poeier met 225 ml stroop van aarbeie (gebruik helfte van vloeistof wat nodig is volgens jellie aanwysings as dit anders is as 225 ml). Kook in die mikrogolf tot jellie opgelos is. Laat afkoel.

Pak aarbeie bo-op kaaskoek en gebruik agterkant van ‘n lepel om jellie bo-oor te gooi. Verkoel oornag.

* Kan enige ander vrugte en jellie geursel bo-op tert sit.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui