Tuisgemaakte likeur

Tuisgemaakte likeur

Pasop vir hierdie een.  Voor jy jou oë uitvee is die bottel op.  Die likeur raak net lekkerder hoe langer dit in die yskas is, so probeer om nie alles op een slag op te drink nie.

Bestanddele
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
10 ml (2 t) vanilla geursel
200 ml whiskey of brandewyn
5 ml (1 t) sterk koffie poeier

Metode
Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam.   Roer die koffie by die whiskey/brandewyn en voeg by die melk mengsel.  Meng goed, gooi in ‘n bottel en bêre in die yskas.

Die smaak raak net beter hoe langer dit staan, en dit kan tot 6 weke in die yskas hou.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui