Gemmerkoekies

Gemmerkoekies

Die gemmerkoekies maak perfekte krakies bo-op.  Die koekies is bros aan die buitekant, en effens sag in die middel.

Bestanddele
100 ml gouestroop
90 g sagte botter
1 eier
10 ml bruinasyn
10 ml fyn gemmer
3 ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
100 ml bruinsuiker
400 ml (192 g) koekmeel
7.5 ml koeksoda
2 ml sout

Metode
In ‘n groot bak, meng die gouestroop, botter, eier, asyn, gemmer, kaneel, naeltjies en bruinsuiker saam. Sif die meel, koeksoda en sout saam en meng met die suikermengsel. Meng die deeg goed, vorm ‘n bal en draai toe met kleefplastiek. Plaas in yskas vir ‘n paar uur.

Voorverhit oond tot 200 °C en spuit bakplaat (Sien Nota 1) met kleefwerende sproei. Rol die deeg in klein balletjies en plaas op die bakplaat. Maak seker daar is ‘n redelike spasie tussen die balletjies – hulle raak plat soos dit bak.

Bak ± 12 minute lank, of tot goudbruin. Laat afkoel op ‘n draadrak en bêre in ‘n lugdigte houer wanneer dit heeltemal afgekoel het.

Resepnota’s
Nota 1: ‘n Dubbellaag bakplaat werk die beste.


1 thought on “Gemmerkoekies”

  • Eerste probeer is die Gemmer Koekies en Ek hou van die resep, maklik en lewer te veel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui